Beesmankheid

Beesmankheid: Hoefversorging

Hoefversorging is ʼn wye onderwerp. Mankheid by beeste kan in verskeie kategorieë ingedeel word en vereis ook verskillende benaderings en vorms van behandeling.

Twee Kategorieƫ

Mankheid kan in hoofsaaklik twee kategorieƫ verdeel word, naamlik:

  • Letsels wat veroorsaak word deur siekteveroorsakende
  • organismes. Hierdie organismes
  • veroorsaak infeksies soos:
    • voetvratte;
    • vrotpootjie; of
    • hakerosie.
  • Letsels wat deur ander faktore veroorsaak
  • word en nie noodwendig die gevolg is van
  • infeksie nie, soos:
    • witlynletsels;
    • soolkneusing;
    • sool-absesse; of
    • ander letsels.

Behandeling

Die behandeling van die twee kategorieƫ vereis verskillende metodes:

  • infeksies veroorsaak deur organismes vereis antibiotika en ook ʼn voetbad as deel van die bestuursplan en benadering; en
  • letsels veroorsaak deur ander faktore kan baie doeltreffend deur ʼn bekwame hoefsmid reggestel word, deurdat die hoef in ʼn hidrouliese drukgang opgetel en geĆÆmmobiliseer word sodat dit behandel kan word.

Voetvratte – Digitale Dermatitis

(DD) Voetvratte is ʼn velinfeksie wat deur anaerolise veroorsaak word. Dit kom hoofsaaklik in sone 10 voor (kyk skematiese uiteensetting van sones).

DairySmid Hoof Trimmming Klousones
Klousones

Dit kan ook voorkom in sone 0 tussen die kloue en in sone 9 op die haarlyn onder die bykloue. Dit is ʼn baie aansteeklike toestand. Die vroeë letsel is ongeveer so groot soos ʼn 10-sentstuk, vaal in kleur met ʼn kenmerkende slegte reuk. In ʼn meer gevorderde stadium kan die letsels tot so groot soos ʼn 50-sentstuk groei. Die hare om die letsel groei langer en neem die vorm van ʼn aarbei aan. Die omliggende area word nie noemenswaardig aangetas nie.

Die letsel is baie gevoelig en indien drukking toegepas word deur dit byvoorbeeld aan te raak of water daarop te spuit, trek die bees die voet terug as bewys. Indien die letsels nie behandel word nie, kan dit ʼn chroniese toestand veroorsaak en ʼn hoë graad van mankheid tot gevolg hê. Dit is belangrik om kennis te neem dat die letsel gedurende die genesingsperiode aansteeklik bly. ʼn Duidelike teken van die letsel is dat die bees sal poog om die gewig van die hakke (agterkant van die klou) te weerhou en eerder die gewig op die tone te plaas.

Oordraagbaarheid en behandeling

Die siekte is hoogs aansteeklik. Dit floreer in vogtige toestande en by ʼn pH tussen 5,5 en 6,5. Dit kom baie meer in die droë tye voor, wat teenstrydig klink, maar dit is as gevolg van die hoë konsentrasie van die bakterieë rondom krippe en ander nat kolle. Voetbaddens met sinksulfaat en kopersulfaat daarin is ʼn baie doeltreffende voorkomingsmaatreël. Die areas langs krippe en ander nat kolle kan baie effektief met die strooi van landboukalk behandel word. Betonvoerkrippe en -behuisingstelsels moet gereeld geskraap word om higiëniese toestande te verseker.

Siektetekens – ʼn tipiese geval van digitale dermatitis gaan deur verskillende ontwikkelingstadia.

Beesmankheid Siektetekens
Beesmankheid Siektetekens
Beesmankheid Siektetekens
Beesmankheid Siektetekens

Foto’s deur Dairy-Smid.

Voetbaddens

Voetbaddens is seker die effektiefste manier om bakteriële mankheid soos voetvratte te genees. ʼn Voetbad wat korrek gebou word, kan bestuur baie vergemaklik en kan ook baie koste-effektief wees.

Hier is ʼn paar riglyne:

  • Die voetbad moet op die regte plek gebou word, verkieslik met ʼn sementblad voor en nĆ” die voetbad.
  • Verseker dat die oppervlak waterpas is. Indien dit nie is nie, moet te veel medisyne gebruik word om die laagste vlak nog steeds diep genoeg te maak om die klou in te doop.
  • Die voetbad moet verkieslik onderdak wees, aangesien die voetbaddens die meeste in die reĆ«ntyd gebruik word en die medisyne dan te veel verdun word.
  • Die voetbad moet ten minste 3,5 m lank wees (binnemaat). ʼn Bees het 3,5 m nodig om elke voet drie maal op die grond neer te sit. In hierdie geval, drie maal in die voetbad. Die voetbad moet 800 mm breed wees sodat net een bees op ʼn slag deur die bad kan loop. Die voetbadmuurtjie moet nagenoeg 200 mm hoog wees.
  • Indien bogenoemde afmetings gebruik word en die water slegs 75 mm diep gegooi word, sal die voetbad ongeveer 220 liter water bevat. Koper- en sinksulfaat word albei teen ʼn 5%- oplossing aangemaak.
  • Dit is baie belangrik om ʼn staalreling weerskante van die voetbaddens te maak.
  • Indien die voetbaddens in so ʼn gang is, moet daar ʼn swaaihek aan die ingang van die gang wees. Dit sal al die beeste wat inkom deur die voetbad dwing of almal laat deurstap. ʼn Vars bad kan dan weer tussen melkings voorberei word. Die swaaihekke vergemaklik die bestuur aansienlik.
  • Die voetbad kan soveel keer as wat nodig is, gebruik word. In sommige gevalle moet dit daagliks gebruik word en kan daarna stelselmatig verminder word. Hou die sementoppervlak in die gang voor die voetbad skoon van mis en urine met ʼn waterbesem. Hoe skoner die voetbad gehou word, hoe meer beeste kan die voetbad gebruik.
  • Kopersulfaat is toksies vir bakterieĆ« en die gebruik daarvan is dus baie effektief vir die behandeling van voetvratte. Die doeltreffende bestuur van voetvratte sal mankheid verminder en algemene hoefgesondheid verbeter en daardeur produktiwiteit verhoog.

Met dank aan dr. Danie Odendaal, BVSc – Veearts Netwerk.

Deur Gert en Riaan van Zyl

DairySmid Hoof Trimming cta1

Similar Posts